vir Janie

“Twee blommetjies vir Mamma 
want sy kook my kos. 
Nog twee blommetjies vir Mamma, 
sy maak nare knope los. 
Twee blommetjies vir Mamma 
want sy sing vir my. 
Nog twee blommetjies vir Mamma, 
sy sit pleisters op ‘n sny. 
Twee blommetjies vir Mamma 
want sy luister as ek kla. 
Al die blommetjies vir Mamma. 
Sy is die mooiste, beste Ma” 
-Alba Bouwer- 

Hierdie blou blommetjies groei orals in die wereld, selfs hier in die woestyn in Riyadh.   Die eerste keer wat ek hulle gesien het, is toe die 4jarige Janie hulle in die veld in die Vrystaat vir my gepluk het.   En met uitgestrekte handjies hierdie gediggie aangehaal het.

Comments

Karien Mulder said…
ek love dit my tannie.

Popular posts from this blog

A walk through Quarry Bay Park